Breed standard

Suffolk Skaaptelersgenootskap Ras Standaarde

Kop

Sterk en breed met wye neusgate. Sterk goed gevormde tande en vlesige lippe. Die kakebeenmoet sterk en goed ontwikkel wees.

 

Diskriminasies:

  • Dun lippe
  • Smal bek

 

Prul:

  • Misvormde tande
  • Skewe bek
  • Skewe neus
  • Ligte bokaak (kortbek)
  • Ligte onderkaak (visbek)

Groot helder en goed geplaas

 

Diskriminasies:

  • Dowwe lewelose oë

 

Prul:

  • Inrol ooglede
  • Aangebore oogdefekte en blindheid.

Lang vorentoe goed geplaasde ore.

 

Diskriminasies:

  • Dun ore (papier ore)
  • Dik ore (vlesige ore)
  • Klein ore (muisore)

 

Prul:

  • Enige oordrewenheid van bogenoemde.

Nie te breed oor die oogbanke ter bevordering van lamgemak.

 

Diskriminasies:

  • Oordrewe oogbanke
  • Te breë voorkop en sprong oor die oogbanke.

Lang vorentoe goed geplaasde ore.

 

Diskriminasies:

  • Los horingknoppe.
  • Horingknoppe nie langer as 25mm.

 

Prul:

  • Vaste horings en horingknoppe.
  • Horingknoppe langer as 25mm.

Wol vrye sagte syagtige hare. Hare moet swart wees. Hare moet nie met lyfwol vermeng nie.

 

Diskriminasies:

  • Wolbedekte wange.
  • Wol op die kop tussen die ore.

 

Prul:

  • Oordrewe wolbedekking op beide die wange en die kop.

Ramme moet sterk manlike en ooie fyn vroulike koppe hê.Die kop moet goeie lengte, breedte en diepte hê. Die kop moet in balans met die res van die dier wees.

 

Prul:

  • Ramme met te fyn koppe. (ooikop)
  • Ooie met te manlike koppe. (ramkop)

 

Nek

Gemiddelde lengte nek waar die kop trots bo die ruglyn gedra word. Die nek moet oor ‘n goeieaansluiting met die voorkwart beskik.

Prul:

  • Te kort nek.
  • Lang dun nek. (springbok nek)
  • U nek. (u – vorming tussen die skouer en die agterkop)
  • Gedraaide nek.
  • Skewe nek.

Voorkwart

Die bors moet middelmatig breed wees, met genoeg kapasiteit vir orgaan ontwikkeling.

 

Diskriminasies:

  • Te smal bors.
  • Te breë bors.
  • Te plat bors.

 

Prul:

  • Enige geval waar die bogenoemde in oormaat teenwoordig is.

Breed, gespierd en sterk aangeheg by die voorkwart.

 

Diskriminasies:

  • Effe los skouers

 

Prul:

  • Oordrewe los skouers.
  • Spits skof.
  • Duiwelsgreep. (val weg agter die skouerblaaie)

 

Middelstuk

Die idiaal is ‘n lang, breë en diep middelstuk. Die aanhegting aan beide die voorkwart enagterkwart moet goed wees.

Goed gesprong vanaf die rugstring. Breed en diep vir voldoende rumenkapasiteit.

Reguit, sterk en lank. Reguit vanaf die skouer tot by die stertwortel. Goed gevulde oogspier.

 

Diskriminasies:

  • Te kort rug.
  • Hol rug.
  • Krom rug.
  • Hang kruis.

 

Prul:

  • Enige oordrewe gevalle van bogenoemde.

Breed en goed gevul met vleis.

 

Diskriminasies:

  • Smal ongevleesde lende.
  • Te klein middelstuk in verhouding tot die res van die liggaam.

 

Agterkwart

‘n Lang, breë goed gevleesde agterkwart word as ideaal nagestreef. Dit moet goed aansluit by diemiddelstuk.

  • Lank en breed.
  • Goed met vleis gevul.
  • Die kruis moet effe breër as die skouers wees. Die dier moet dus na agter ‘n matige v vorm.

 

Diskriminasies:

  • Hangkruis.
  • Kort kruis.
  • Swak gevleesde kruis.

 

Prul:

  • Oordrewe gevalle van bogenoemde.
  • Dakkige kruis.
  • Plat kruis met vet lokalisasie by die stertwortel.
  • Agterkwart hoër as die voorkwart.
  • Hoë prominente stertwortel.

 

  • Breed geplaas, maar nie te wyd om gemaklike beweging te belemmer nie.
  • Binne en buite dye moet goed gevul wees.
  • Sterk gespierd met lang soepel spiere.
  • Die stertwortel moet effens laer as die kruis wees.
  • Die sitbene moet wyd geplaas wees.

Bene en kloue

Die bene moet sterk en dik wees, in harmonie met die res van die dier. Bene moet redelik reghoekig onder die liggaam geplaas wees. Dit moet nie beweeglikheidbelemmer nie. Hakke moet sterk wees. Bene moet wolvry wees vanaf die hak na onder. Bene moet met satynagtige swart hare bedek wees. Van voor en agter se bene regop wees en moet dit ‘n reguit lyn vanaf dieklou tot die draaibeen/skouer vorm.

 

Diskriminasies:

  • Effe x voorbene.
  • Effe regop hakke.
  • Effe koeihakkigheid.
  • Effe krom bene.

 

Prul:

  • Erge gevalle van bogenoemde.
  • Nou stand van agterbene.
  • Sekelhakke.
  • Swak kote wat deurtrap.
  • Dun bene.
  • Oordrewe lang of kort bene.
  • Gesplete kloue.

Onderlyn

  • Moet redelik paralel met die rug wees om goed gevulde flanke te verseker.

Vel

  • Fyn sagte vel word as ideaal beskou. Wanneer die wol oopgevlek word, moet die vel pienkvertoon.

Wol

  • Kort sterk wol oor die hele liggaam.
  • Die vag bestaan uit witwol wat nie deur swart vesels besoedel is nie.

Teelorgane

  • Beide teelballe moet ewe groot wees.
  • Skrotumomvang word in die sittende posisie gemeet.
  • By 10 maande ouderdom moet die skrotumomvang minstens 29cm wees.
  • Met ongeveer 12 maande ouderdom moet die minimum skrotumomvang 30cm wees.
  • Volwasse ramme moer ‘n skrotumomvang van ten minste 34cm hê.
  • Goed ontwikkelde epididimus.
  • Manlike diere moet ten alle tye aan die minimum vereistes van die veeartseny beroep voldoen.

 

Diskriminasies:

  • Geen toegelaat

 

Prul:

  • Geen of een testes.
  • Onder standaard testes.
  • Verhardings of aanhegtings.
  • Enige veeartseny defekte.
  • Stewig. Goed aangeheg.

 

Diskriminasies:

  • Effe gesplete skrotum.

 

Prul:

  • Laaghangende skrotum.
  • Meer as 25mm gesplete.
  • Goed gevormde uier met twee ewe groot helftes.
  • Die spene moet gesond, goed geplaas wees en van medium grootte wees.

 

Diskriminasies:

  • Geen toegelaat.

 

Prul:

  • Te groot en dik spene.
  • Geneties slegs een of geen funksionele helftes.
  • Geneties een of geen spene.
  • Induik spene.
  • Dubbel spene.
  • Meer as twee funksionele spene.

Algemene voorkoms

n Groot robuste skaap wat goed gespierd is en genoeg vleis dra. Die skaap is goed simetries enbeskik oor goeie breedte, diepte en balans. Die dier vertoon wakker en is goed op sterk benegeplaas. Kwaliteit behoort vanself te spreek.

 

Prul:

  • Lengte van lyf ontbreek.
  • Worsagtige diere.
  • Diere van swak lewenslose karakter.

Suffolk sheep breeders' Society of south africa © All Rights Reserved