
Die Suffolk ras het in die laat 18de eeu in Engeland ontstaan. Die ras het ontstaan deur 'n Southdown ram met 'n Northfolk ooi te kruis. Hierdie nuwe ras het homself vinnig as 'n goeie vleisskaap gevestig.
Die eerste Suffolk Genootskap is in 1866 in Engeland gestig en in 1910 is dit algemeen as 'n erkende ras aanvaar.
Die Suffolk het vinnig deur die Britse Eilande versprei en het bekendheid verwerf vir die puik gehalte vleis wat dit produseer. Die Suffolk het ook deur Europa en groot dele van Asië versprei. Suffolks het verder byval gevind in lande soos die VSA, Bazilië, Kanada en Australië.
Suffolk het hulle mettertyd in al die vernaamste skaapproduserende lande met onderskeiding gevestig.